Meer oor Matwerk vir Mammas
Ontmoet die Hart en siel van Matwerk vir Mammas

Matwerk vir Mammas Agente

Maryke Bartlett
Durbanville
Lieflike Maryke is ‘n gekwalifiseerde en ervare InterSen juffrou vanaf Durbanville. Sy is ook ‘n mamma van ‘n besige tweejarige lyfie! Sy is tans in die tuisonderrigbedryf en gee skool vir multigraad-leerders. Sy geniet die uitdaging om leer prakties te maak vir ons groter maats en is die meesterbrein agter ons Groot Span produkte! Sy het ‘n groot liefde vir taal en help graag enige leerder om struikelblokke te oorkom! Kontak haar gerus vir navrae en advies!

Jo-Mia Fourie
Kathu
Kreatiewe Jo-Mia Fourie van Kathu is ‘n raakvatter-vrou. Sy gee al vir 9 jaar skool vir Graad 1-leerders en geniet dit elke dag meer en meer! Sy het self ‘n besige 3-jarige lyfie tuis wat haar ekstra besig hou!
Sy hou van mooi goed en is mal daaroor om ons Matwerkprodukte te verkoop. Kontak haar vir lekker geselsies en navrae!

Michelle Bouwer
Gauteng
Michelle Bouwer is ‘n ystervrou met die mooiste hart. Sy is self ‘n jufrrou wat nou haar skoene volstaan as ‘n mamma van drie besige lyfies. Sy het ‘n groot passie vir kinders wat misverstaan word in ons skoolsisteem en wil graag dat elke liewe kindjie hul volle potensiaal bereik.
Sy glo in konkrete leermateriaal en besit elke liewe Matwerk vir Mammas produk!
Vir die heel beste advies – veral met remediëring – kontak haar gerus!

Melindri van Schoor
Rustenburg
Dierbare Melindri was vir die laaste 9 jaar ‘n Grondslagfase-juffrou. Sy is tans die eienaar van haar eie kleuterskool. Sy is ook self ‘n mamma van tweelingseuntjies. Sy het ‘n groot npassie vir kinders en hul ontwikkeling en glo in leer deur middel van speel!

Elseri Myburgh
Wes-Kaap
Mooiste Elseri is ‘n gekwalifiseerde rekenmeester met ‘n kop vir syfers. Sy het egter haar loopbaan opsy geskuif om haar drie kinders self groot te maak. Sy is ‘n liefdevolle mamma en bekwame besigheidsvrou!
Sy het ‘n groot passie vir kinders en geniet Matwerk daagliks met haar eie kinders! Sy het ook haar eie Facebook-blad,Creative Memories, waarop sy vele ander produkte verkoop! Kontak haar gerus vir ekspert advies!

Bianca Wilkens
Noordwes
Beeldskone Bianca is ‘n vooraanstaande Graad 3-juffrou wat al vir 7 jaar skoolgee. Sy is ook ‘n mamma van ‘n 3-jarige woelwater. Sy het ‘n passie vir praktiese onderwys en leef elke dag haar passie in die klaskamer uit. Sy is afkomstig van Lichtenburg en gesels graag met mense regoor die land! Kontak haar gerus!

Magdelie Henning
Karoo
Magdelie is ‘n tuisbly Karoo-mamma. Alhoewel sy ‘n gekwalifiseerde onderwyseres is, verkies sy om al haar tyd aan haar eie twee liefie-lyfies te spandeer. Sy het ‘n groot passie vir vroeë leer ontwikkeling en help graag ander mammas met leiding om hulle kinders, veral babas, optimaal te stimuleer.
Kontak haar gerus vir enige navrae!